LPR verwelkom nuwe personeel

0
268

Laerskool Piet Retief is opgewonde om hul nuwe personeel voor te stel en sien uit daarna om hulle as deel van die span te hê.

Baie welkom aan die volgende leerkragte:

  • Mev. Marle Thomas gaan die graad 4 Afrikaanse juffrou wees. Sy beskryf haarself as ’n bekwame persoon wat daarvan hou om ander gelukkig te maak en te sien vorentoe beweeg in die lewe. Sy is gelukkig getroud met haar hoërskoolliefde en is die mamma van twee woelige seuns.
  • Juffrou Inge Hambrock beskryf haarself as spontaan. Sy is dankbaar vir die geleentheid om ’n verskil in leerlinge se lewens te kan maak. Die graad 3 Engelsmedium-skoliere is gelukkig om haar voor in hulle klas te hê!
  • Mev. Maretha Potgieter, wat Afrikaans vir graad 6-leerlinge gaan aanbied, sê dat onregverdigheid haar ongelukkig maak. Sy het vier kinders van haar eie en het ’n soet tand.
  • Mnr. PW Bruwer sien uit daarna om graad 5 Natuurwetenskappe en graad 7 Tegnologie aan te bied. Maandae maak hom ongelukkig en Vrydae maak hom baie gelukkig! Sy gunstelingkos is pannekoek en roomys.
  • Mnr. Bongiswa Dlamini is LPR se nuwe studenteonderwyser. Hy werk hard om al sy doelwitte te bereik en sien uit om by sy kollegas te leer.

“Jy mag dalk vir die samelewing net nog ’n onnie wees, maar vir jou leerders is jy ’n held.”– Onnies Online