Rus in vrede, Hugo Küsel

0
354
Hugo-Küsel

“Mnr. Küsel was by uitstek ’n ikoon van ons dorp en in die skoolkonteks was hy ’n legende in sy eie tyd. Sy unieke benadering tot onderrig was buite die norm. Sy uitbundige passie het klasse kleurvol en vermaaklik gemaak.” – Oudleerling

Hugo Küsel is op 21 Desember 1945 in Paulpietersburg gebore en is op Sondag 17 Januarie weens die koronavirus oorlede. In 1961 het hy aan Hoërskool Piet Retief begin skoolgaan, waarna hy onderwys aan die Universiteit van Pretoria studeer het.

Hy het in 1970 sy loopbaan as onderwyser by Erasmus Hoërskool in Bronkhorstspruit afgeskop en het toe in 1972 by sy alma mater, Hoërskool Piet Re-tief, aangesluit as Engelse onderwyser.

Hy het in 1997, op die ouderdom van 52 afgetree. Sy moeder het vir 49 jaar lank by hom gewoon tot en met sy afsterwe, hy het altyd mooi na haar omgesien en haar gekoester.

Hugo was ’n bok vir sports, hy kon lekker lag en hy het sy leerlinge altyd gemotiveer om hul beste te lewer.

Sy familie bedank graag vir dr. Ralph Hinze vir sy onbaatsugtige versorging en empatie teen-oor die familie. Hy het tot aan die einde geveg vir Hugo se lewe en alles in sy vermoë gedoen om sy lewe te probeer spaar.

Baie dankie aan die familie, vriende en lede van die gemeenskap vir elke telefoonoproep of boodskap van ondersteuning.

Hugo het verseker ’n groot bydrae tot die gemeenskap gelewer.