Eloise bring goeie reën vir Mkhondo

0
266
Cyclone-Eloise-Floods

Op Sondag 24 Januarie het die inwoners van Mkhondo die tropiese sikloon Eloise (toe verander na ‘n tropiese storm) slag-gereed ingewag wat soos voorspel is ons gebied op 24-25 Januarie sou tref.

Talle mense het voorsorgmaatreëls getref om hul en hul geliefdes se veiligheid te probeer verseker. Die tropiese storm het plaaslik baie reën en ‘n effense wind veroorsaak.

Amsterdam het op Sondag 24 Januarie tussen 07:00-17:00, 80mm reën ontvang. Dit het daartoe gelei dat die Ithole Rivier oor-stroom het. Die pad moes afgesper word, omdat geen voertuie oor die brug kon beweeg nie.

In eMkhondo het daar gedurende Sondag en Maandag 110mm reën geval. Geen brûe het oorstroom nie. Die wind het wel ‘n paar takke van bome afgewaai en paaie was nat.

Alhoewel daar nie verwoesting hier gesaai is nie, was daar tog gevalle waar skade by van die inwoners van Ethandakukhanya aangerig is. Water het ‘n paar inwoners se huise daar oorstroom.

Ander dele in Mpumalanga (Lydenburg, Kruger Wildtuin en Male-lane) het baie skade tot gevolg gehad.

Volgens talle nuusberigte op 26 Januarie is daar voorspel dat Eloise ‘n 180° draai gaan maak en terugkeer, maar die keer gaan sy baie meer verwoesting saai. Ons hoop nie dat dit die geval sal wees nie.