Dankie vir jou getroue diens, Gerhard

0
141

Op Sondag 31 Januarie het Gerhard Böhmer amptelik afgetree as die hoof van sekuriteit van AfriForum se Piet Retief-tak na jare se diens aan die gemeenskap.

Afriforum-Gerhard-Böhmer
Gerhard Böhmer

Gerhard sê dat alles wat hy gedoen het, uit liefde vir die gemeenskap was en dat dit vir hom ’n voorreg was om die pos te beklee. Hy sê ook dat hy steeds behulpsaam sal wees waar hy kan en deel van AfriForum sal bly. Hy het baie geleer tydens sy aanstelling en dit was vir hom ’n plesier om saam met die bestuur te kon werk.

Hy bedank graag elke lid van die organisasie wat ge-trou help om die gemeenskap te probeer beveilig en wat hulle deel doen om Piet Retief ’n beter dorp vir al sy inwoners te maak. “’n Spesiale dankie ook aan die SAPD en Verkeersdepartement wat altyd bereid is om te help tydens AfriForum se sigbaar-heidspatrollies.”

Baie dankie vir jou ondersteuning, Gerhard. Die gemeenskap waardeer jou onveranderlike gesindheid.