Baie gate, baie “pothole fix” – gratis!

0
139
Baie gate, baie “pothole fix” – gratis!

AfriForum het in 2020 die “doen dit self”-projek begin waardeur ons lede aangemoedig word om self moue op te rol en betrokke te raak met kwessies wat ons gemeenskap raak.

Een hiervan is die gate in ons dorp se paaie. Dus het die plaaslike tak vroeg verlede jaar 300 sakke sintetiese materiaal gekoop wat ontwerp is om paaie te herstel. Die vlak 5 inperking het egter al ons vervoerreëlings ontwrig tot in Novembermaand.

Wanneer die sak oopgeskeur word lyk die inhoud grys (soos nat sement). Die slaggat se los grond word uitgevee, die SLC mengsel word dan daar ingegooi en liggies vasgestamp. Binne ’n uur kan motors daaroor ry.

Strate wat sovêr deur lede begin herstel is, is De Jagerstraat, Southstraat, Meyerstraat en Swartzstraat.

AfriForum moedig weereens ons lede aan om gratis van die SLC “pohole fix” by Assegaai Bande te gaan oplaai en skouer aan die wiel te sit.