Rhubein Racing presteer by Farm Jam

0
335

Op Saterdag 21 November het die Rhubein Racing span aan die Farm Jam Race Dirt Trax te Middelburg deelgeneem.

Die uitslae was soos volg:

  • Bruno Niebuhr het die 65cc afdeling gewen.
  • Corbin Muller het ‘n vyfdeplek in die 65cc klas behaal.
  • Carla Niebuhr het as wenner van die Damesklas weg-gestap.
  • Juan Niebuhr was tweede in die Pro OR2 afdeling.
  • Kyle Ri-Marie Niebuhr was agtste in die OR 1 AMA klas.
  • Arno van der Merwe was vyfde in die OR 3 AMA afdeling.
  • Ernst was tweede in die Meestersklas.
  • Andre Schoeman het ‘n derdeplek in die Senior afdeling verwerf.
  • Johan Munnik was 11de in die OR 3 Novice-klas.

Kyle het tydens sy wedren ‘n slegte val by die wegspringpunt gehad, maar het opgestaan en aangegaan.

Bruno het die trofee vir die vinnigste ronde in die kompetisie ontvang maar, het besluit om sy trofee aan Corbin Muller te oorhandig.

Rhubein Racing borg trofees en geskenkbewyse vir die junior afdelings. Baie geluk aan elkeen van julle!