NG Gemeente Kerssangdiens

0
285
NG Gemeente Kerssangdiens

Sondag 22 November was NG Gemeente Piet Retief se jaarlikse Kerssangdiens. ‘n Unieke “Covid-jaar” het ook gelei tot ‘n unieke Kerssangdiens-ervaring.

Daar is vanjaar twee dienste, oggend en aand, gehou. Die program het gefokus op Advent – die seisoen in die kerklike jaar wat fokus op die afwagting op die koms van die Messias.

Daar is gekyk na al die simboliek rondom advent – die adventskrans en die vier kerse met die Christuskers. Deur heerlike gemeentesang het ons beleef hoe Christus vir ons wonderlike geskenke kom gee het – hoop, vrede, vreugde, liefde en bowenal – Homself. Die hele gemeente is betrek by die program – van die versiering van die kerk, ouers wat gehelp het met die kinders, voorlesers en voorsangers tot by die bak van die “brownies” wat elke persoon kon huis toe neem.

NG Gemeente Kerssangdiens

‘n Hoogtepunt was die deelname van die gemeente se kinders – die kinders het op verskillende maniere deelgeneem: as Josef en Maria, wyse manne, herders en engele in die Kerstonele en ook met die aansteek van die kerse.

Vanjaar se Kerssangdiens was ‘n meer tradisionele diens waar elkeen wat dit bygewoon het kon deelneem en die Here kon loof vir Sy goedheid en die hoop wat Hy vir ons gee – ook in hierdie uitdagende jaar.