‘n Kersmark met atmosfeer

0
225

Op Saterdag 5 Desember is daar ’n Kersmark by die Piet Retief Rugbyklub gehou en die inwoners van die dorp het daarheen gestroom, ten spyte van die koue en nat weer.

Stalletjies het smaaklike kos, kaas en lekkers verkoop. Mooi kunswerke en handgemaakte produkte kon huis toe geneem word. Vir die kinders, was daar ook ’n verskeidenheid speelgoed.

Vrolike musiek het die besoekers sommer gou-gou van die reën laat vergeet en dit was feestelik. Ou vriende het mekaar weer raakgeloop en heerlik saamgekuier.

Dit was opmerklik dat baie besoe-kers nie hul mas-kers gedra het nie. Met die styging van ongeveer 4 000 Covid-gevalle per dag in Suid-Afrika is dit raadsaam om maar steeds die ou ritueel van maskers en ontsmettingsmiddels te doen. Al is almal keelvol vir dit!

Baie dankie aan elkeen wat die mark ondersteun het.