Devan volg sy passie

0
231
Devan het ’n derdeplek verwerf. Mackayla Coetzee, wenner van die kruiwa
Devan het ’n derdeplek verwerf. Mackayla Coetzee, wenner van die kruiwa

Op Saterdag 14 November het Devan Smith aan die Dirt Trax te Middelburg deelgeneem en ‘n derdeplek verower.

Devan se goeie prestasie was nie die enigste opwindende gebeurtenis van die dag nie. Gedurende hierdie wedren het hy gery om fondse in te samel vir Ewan Böhmer, ‘n jong seuntjie wat aan ‘n klapvoet-kondisie ly.

Die fondsinsameling was ‘n reusesukses en met die hulp vanaf plaaslike besighede kon ’n kruiwa gevul met goedere ter waarde van R15 000-00 in ’n gelukstrekking weggegee word. Die gelukkige wen-ner was Mackayla Coetzee. Baie geluk! Daar is baie kaartjies verkoop en die fondse wat ingesamel is, is aan Ewan en sy familie geskenk.

Baie dankie aan elke besigheid wat iets geskenk het om in die kruiwa te plaas, asook aan elk-een wat ’n kaartjie gekoop het. Julle goedhartigheid sal klein Ewan en sy gesin se lewe heelwat makliker maak.

Die Smith-gesin kon nog nie die bedrag bevestig nie.