AfriForum patroller

0
173
AfriForum patrolleer

Op Vrydagaand 13 November het lede van AfriForum, die Piet Retief SAPD en die Verkeersdepartement weer saamgespan om die dorp te probeer beveilig deur hul gebruik-like sigbaarheidspatrollie.

Nege lede van die Piet Retief SAPD, nege van die Verkeersdepartement en 48 AfriForum-lede was teenwoordig. Hulle het verskeie vragmotors uit die dorp verwyder en ook die drywer van ’n trok wat geen ligte aangehad het nie en olie gelek het aangekeer en na ’n plaaslike oornagstop vir vragmotors vergesel, waar ’n verkeersbeampte vir hom twee kaartjie uitgeskryf het.

Daar was ook ’n insident waar ’n geboeide verdagte uit ’n polisievoertuig probeer ontsnap het, maar met die hulp vanaf AfriForum-lede is hy vasgekeer en terug in die SAPD se toesig ge-plaas. By ’n plaaslike besigheid was daar verdagtes besig om die perseel met flitsligte te bekyk. ’n Lid van AfriForum het toevallig daar verbygery en toe hy ondersoek instel oor waarmee hulle besig was, het hulle messe uitgetrek. Die lid het onmiddellik om hulp gevra van sy medepatrolleerders en nege voertuie is dadelik daarheen om hulp te verleen. Die verdagtes is gearresteer en na die SAPS-stasie geneem.

AfriForum patrolleer
Die konvooi deur Harmony Park was effektief

Die bestuurder van ’n voertuig het sonder ligte op die hoek van Joubert- en Retiefstraat gery en die Verkeersafde-ling het ’n kaartjie aan die bestuurder oorhandig. Die lede het selfs die bestuurder van ’n NP200 bakkie gehelp om sy band te ruil. Later die aand het almal wat deelgeneem het in ’n konvooi deur Harmony Park gery wat veroorsaak het dat verskeie kuierplekke hulle deure gesluit het en die strate het daarna aansienlik rustiger geword.

Baie voertuigbestuurders is ook in hegtenis geneem vir dronkbestuur.

Dit was ’n uiters suksesvolle aand.

Baie dankie aan elke persoon wat deelgeneem het, asook aan die besighede wat versnaperings geskenk het. ’n Spesiale dankie aan die dames wat die maaltye voorberei het. Julle was soos altyd op julle pos!