Verjaarsdagvieringe by Huis Immergroen

0
51
Verjaarsdagvieringe by Huis Immergroenn
“Gogo” Sarafina Mavuso is 106 jaar oud!

Op Donderdag 15 Oktober het die personeel en inwoners van Huis Immergroen heerlik verjaarsdagpartytjie gehou, om twee dames wat 100 en 106 jaar oud geword het, se le-wens te vier.

Die gange van die tehuis was pragtig versier met meer as 100 ballonne wat deur die gemeen-skap geskenk is en die inwoners kon ook smul aan peuselhappies.

Verjaarsdagvieringe by Huis Immergroen
Tannie Ena is nou ’n volle eeu oud

Mev. Helena Anna Oosthuizen, beter bekend as Ena, het op Donderdag 15 Oktober 100 jaar oud geword. Sy is al vanaf 2012 ’n inwoner by Huis Immergroen. Baie geluk met jou verjaarsdag tannie Ena! Mag die res van jou lewensjare geseënd en vol liefde wees.

Mev. Sarafina Mavuso het op Donderdag 15 Oktober ’n hele 106 jaar oud geword. Sy is in 2018 gedurende Augustus in Huis Immergroen opgeneem. Wat ’n seën om vir so lank te leef, baie geluk met jou verjaarsdag “Gogo” Sarafina.

Die personeel en inwoners bedank graag elke individu en besigheid vir al die ballonne wat hulle ontvang het, asook vir kontantskenkings en versnaperings. Julle bydrae het die inwoners se dag opgekikker en dit word baie waardeer.

Die kontantskenkings wat nie gebruik is tydens die verjaarsdagvieringe nie gaan gebruik word om stimule-ring– en ontspanningsaktiwiteite vir Huis Immergroen se Alzheimersiekte pasiënte aan te skaf.