Tornado verwoes plaashuis

0
42

Op Sondagmiddag 25 Oktober, om ongeveer 15:30 het die Lamprecht-gesin ’n nagmerrie-ondervinding oorleef toe ’n tornado hulle plaashuis verwoes het.

Die gesin was besig in die tuin toe die weer begin opsteek het. Vir hulle veiligheid is hulle eerder na binne waar elkeen rustig besig was om sy eie ding te doen. Dit het begin reën en die wind het vreeslik gewaai.

Skielik het die huis begin bewe en diegene in die huis het onder tafels skuiling gesoek. Die helfte van die huis se dak is afgeruk en daar was ook ander strukturele skade. Die tornado het ongeveer 3 minute lank geduur. Vir die Lamprecht-gesin, het dit soos ’n ewigheid gevoel.

Genadiglik is niemand beseer nie, maar die skade beloop ongeveer R1-miljoen. Geen ander eiendom in die omgewing is beskadig nie.