Devan ry motorfiets vir Ewan

0
50
Devan ry vir Ewan
Devan saam met klein Ewan en sy gesin

Op Saterdag 17 Oktober het Devan Smith met sy motorfiets aan die “Open Class” motorfietsry-kompetisie te Roedtan deelgeneem.

Uit 200 motorfiets-ryers het Devan die eersteplek verwerf en is ook as die beste ryer van die dag gekies. Devan het ook die beste tyd van die dag aangeteken. Welgedaan!

Op Saterdag 14 November gaan Devan aan die “Farm Jam”-kompetisie in Middelburg deelneem ten bate van Ewan Böhmer.  Klein Ewan (5) benodig dringend operasies op albei sy voete om sy klapvoet-kondisie reg te stel.

Dit is ’n duur operasie en Devan het dit in sy hart gevoel om ’n bydrae tot Ewan en sy gesin te maak. By die “Farm Jam” sal daar kruiwaens opgeveil word wat gevul is met allerlei produkte. Die fondse wat uit die veiling gemaak word sal direk aan die Böhmer-gesin gegee word. Devan se borg, Husqvarna Van’s Racing van Middelburg, reël die veiling.

Devan vra asseblief hulp vanaf die gemeenskap om soveel as moontlik produkte te borg wat in die kruiwaens gesit en opgeveil kan word. Hoe meer skenkings ontvang word, hoe meer fondse kan ingesamel word om Ewan se mediese onkostes te dek.

Om ’n bydra te maak of vir meer inligting, skakel asseblief vir Teska op 082 449 5357. Jou hulp kan ’n gesin se lewe baie vergemaklik.