3-Spesies visvang-kompetisie by Heyshopedam

0
31
3-Spesies visvangkompetisie by Heyshopedam
Sommige van die wenners. Baie geluk!

Tussen Saterdag 31 Oktober en Sondag 1 November het 51 vissermanne, -vroue en -kinders deelgeneem aan ’n 3-Spesies visvang-kompetisie by die Heyshopedam Bootklub.

Baie geluk aan die volgende hengelaars wat by die visvang-kompetiesie presteer het:

Swartbaars oe-wer:

  1. Johan Robberts het ’n 2.54 kg swartbaars gevang en ’n kontantprys van R2 500-00 gewen.
  2. Isabel Brink het ’n 1.57 kg swartbaars ingekatrol en ’n R1 000-00 kontantprys gekry.

Swartbaars boot:

  1. Niel Els het ’n 2.17 kg swartbaars gevang en ’n prys van R2 500-00 verower.
  2. Joe Coetzee se swartbaars van 1.91 kg het vir hom R1 000-00 gewen.

Nicole Trydsman het die prys vir die beste dogter-hengelaar gewen met haar 2.96 kg vis en R200-00 ontvang. Trevor Coetzee se 0.67 kg vis het hom die beste seun-hengelaar van die visvang-kompetisie gemaak en hy het ook R200-00 gewen.

Trompie Lombard het die swaarste karp van die kompetisie gevang (5.15 kg) en sÓ R2 500-00 ontvang en John Pretorius het ’n herlaaibare lamp gewen nadat hy die swaarste baber gevang het (3.01 kg).

3-Spesies visvangkompetisie by Heyshopedam
Reynhardt van den Hoven het hierdie kajak in ’n gelukstrekking gewen

Reynhardt van den Hoven was die gelukkige wenner van ’n kajak in ’n gelukstrekking.

Saterdag en Sondag was nat en koud maar die hengelaars het nie dat die onplesierige weersomstandighede hulle keer om gesellig te verkeer en vis te vang nie.