Reënval in Piet Retief

0
14
Reënval in Piet Retief
Wees dankbaar vir die reën!

“Want Ek sal jou water gee, genoeg om jou dors te les en jou droë lande nat te lei.”-Jesaja 44:3

Op Vrydag 2 Oktober, tussen 12:15 en 18:15 het daar ongeveer 13mm reën in Piet Retief neer-gestort. Vanaf Vrydagaand tot Dinsdag is die dorp geseën met ’n verdere 5mm reën.

Reënval in Piet Retief
Vrydag 2 Oktober se reënval

Water is die aarde se belangrikste le-wensbron. Dit vorm ongeveer 80% van die liggaam van ‘n landplant en 60% van die liggaam van ’n mens. Omtrent 70% van die aarde bestaan ook uit water en daarsonder sal die aarde vergaan.

Volgens die Mpumalanga Departement van Water en Sanitasie se nuutste beskikbare data is Heyshope-dam tans 70.6% vol, teenoor 79.3% in 2019. Jerichodam is 70.4% vol (67.2% in 2019) en Morgenstonddam is slegs 44.9% vol (38.2% in 2019). Westoedam is op 30.4% teen-oor verlede jaar se 58.1%.