Laerskool Piet Retief staatmakers tree af

0
71
Drie staatmakers tree af
Geniet jul aftreejare

Op Donderdag 1 Oktober moes die span van Laerskool Piet Retief totsiens sê aan drie van hulle voorslag onderwyseresse.

Mev. Louise Maré het in 1981 by Laerskool Piet Retief begin. Sy het aan graad 7-leerlinge Afrikaans, Kuns, Naaldwerk, EBW en Lewensoriënte-ring geleer.

Mej. Retha van Rooyen, wat in 1982 by die Laerskool Piet Retief span aangesluit het, was die graad 1 juffrou en het ook vir die graad 4-leerlinge Engels aangebied.

Mev. Hettie Venter was in diens van Laerskool Piet Retief vanaf 1985 en het graad 3-, Hulpklas- en graad 4 Afrikaansleerlinge geleer.

Hierdie uiters bekwame dames was ’n groot aanwins vir Laerskool Piet Retief en hulle sal voorwaar gemis word. Baie dankie vir al die jare se onbaatsugtige diens en geniet julle aftrede.

Julle verdien dit!