Huis Immergroen bestuurder tree af

0
24
Nuus vanuit Huis Immergroen
Ellen Koch, bestuurder van Huis Immergroen vanaf 2009 – 2020

Huis Immergroen se bestuur, personeel en inwoners het onlangs totsiens gesê aan Ellen Koch wat na ongeveer tien jaar se diens as bestuurder van die tehuis afgetree het.

Mev. Koch het in 2009 by Huis Immergroen se span aangesluit en was geliefd onder die personeel en inwoners. Sy sal gemis word en elkeen wat by Huis Immergroen betrokke is wens haar voorspoed vir die toekoms toe. Baie dankie vir al die jare se getroue diens, opofferings en vriendelike gesindheid.

Nuus vanuit Huis Immergroen
Die personeel en inwoners wens Ellen voorspoed toe vir die toekoms

Die tehuis se personeel en die inwoners se geliefdes het baie opofferings gemaak om die bejaardes veilig en gesond te hou tydens die nasionale grendeltydperk. Baie dankie aan elkeen vir julle samewer-king wat die reëls betref.

Huis Immergroen  personeel is opgewonde om aan te kondig dat gekontroleerde besoeke nou toegelaat word. Vir meer inligting oor die regulasies en protokol wat gevolg moet word, skakel gerus die bestuur op 017 826 4918.

Die span bedank ook graag elke persoon en besigheid wat donasies maak of selfs ‘n bemoe-digende boodskap stuur. Dit help om glimlagte op almal se gesigte te hou.

Huis Immergroen hou gereeld “Drive-through”-aande waar hulle heerlike wegneemetes verkoop om fondse in te samel. Die gemeenskap word aangemoedig om gerus hierdie inisiatief te ondersteun.

– Immergroen liefde