AfriForum Buurtwaggroep: sigbaarheidpatrollie

0
44
AfriForum sigbaarheidpatrollie
Die groep vrywilligers wat gepatrolleer het

Op Vrydagaand 18 September het 22 lede van die AfriForum Buurtwaggroep en ’n beampte van die Piet Retief SAPS, met 10 voertuie ’n allemintige 989 kilometer afgelê in Piet Retief.

Gedurende die nag is daar opgelet dat daar baie hekke van erwe, asook motorhuise oopstaan en nie gesluit is nie. Die gemeenskap word gereeld gewaarsku dat dit gevaarlik is en dit kan veroorsaak dat jy die slagoffer van misdaad word. Gee asseblief gehoor aan die versoek en sluit julle hekke!

Daar is baie honde wat in die strate ronddwaal en troeteldiereienaars word versoek om asseblief seker te maak dat hulle honde in die erwe bly. Daar was ook baie motoriste wat onder die invloed van alkohol bestuur het, dit is uiters gevaarlik en jy stel nie net jou eie lewe in gevaar nie, maar ook die lewens van ander onskuldige motoriste en voetgangers.

Baie dankie aan elke persoon van die AfriForum Buurtwaggroep wat die opoffering gemaak het om deel te neem aan die patrollie en so hulle deel doen om Piet Retief ’n veiliger plek vir inwoners te maak.