Plaaslike boer wen nasionale kompetisie

0
88
Plaaslike boer wen nasionale kompetisie
Bossie deel graag sy liefde vir boerdery met sy kinder

Op Dinsdag 1 September is Bossie Ferreira, ’n boer van die Piet Retief omgewing, as ’n wenner van die Pioneer Weeg en Wen boer kompetisie aangewys.

Die jaarlikse Pioneer Weeg & Wen opbrengskompetisie is oop vir alle Suid-Afrikaanse graanprodusente, 18 jaar of ouer, waarvolgens ‘n minimum van twee hektaar geplant kan word met ‘n geregistreerde mielie-, sojaboon- en/of sonneblom saad van Pioneer. Hierdie kompetisie is tans in sy vyfde jaar en gee boere die geleentheid om nuwe produk-sieprosesse te toets, produktiwiteit te verhoog en opbrengste te verbeter.

Plaaslike boer wen nasionale kompetisie
Die stuk grond wat gewen het

Produsente skryf in en ding dan teen mekaar mee om te kyk wie die hoogste opbrengs oor ‘n twee hektaar blok van’ n bepaalde gewas in hulle verskeie areas kan behaal. Daar is afdelings vir droëland of besproeiing, dan mielies, soja of sonneblom. Verder word die kompetisie ook verdeel in verskillende klimaatstreke en Bossie val onder die Oostelike Hoëveld streek.

Daar is baie faktore soos reënval, hitte, tydsberekening en genade van bo wat ook ’n rol speel in hoe goed ’n boer se opbrengs is.

As gevolg van die nasionale Covid-19 regulasies is die wenners virtueel aangekondig en Bossie was verbaas om te hoor hoe die aanbieders sy naam noem. Dit is ’n groot eer om as die wenner gekies te word en die boere met die wenprodukte kan baie trots wees.

Read more local farming news here. 

Sy prys is ’n wegbreek na Johnston in die VSA (Verenigde State van Amerika) waar hy die geleentheid sal hê om ander boere te ontmoet en uit te vind hoe hulle hul produksie handhaaf. Hy sal ook dan die verteenwoordigers van Pioneer en Corteva ontmoet. Ongelukkig sal hierdie werkvakansie moet wag tot wanneer internasionale grense weer oop is.

Baie geluk Bossie!