Laerskool Wittenberg vier lentedag ten bate van die CMR

0
78
Laerskool Wittenberg vier lentedag ten bate van die CMR
Die kinders het vrolik gelyk

Op Vrydag 4 September het leerders van Laerskool Wittenberg die geleentheid gehad om vir lentedag kreatief te raak en aan te trek soos die lente.

Elke deelnemer het gespog met die vrolikste uitrustings en die wenner vir die mooiste lente-drag was Andrea Eggers in Graad 5.

Laerskool Wittenberg vier lentedag ten bate van die CMR
Leerders het hulle beste gedoen om die tema ten volle uit te beeld

Wittenberg is dankbaar dat hul leerders die lentedag met soveel entoesiasme en kreatiwiteit aangepak het.

Daar is ’n totaal van R4 668-00 ingesamel. Wittenberg Laerskool daag ander skole in die omgewing uit om die ingesamelde bedrag te klop.

Die CMR is dankbaar vir die wonderlike gebaar, skenkings is altyd welkom!