Fietsry vir pizza

0
65
Fietsry vir pizza
Almal het die dag terdeë geniet

Op Saterdag 5 September om 08:45 het 40 fietsryers (jonk en oud), met hul maskers op, by die Hoërskool gereed gestaan om te vertrek na die “pizza-oond”.

Die ongeveer 35 km fietsry rit was voorwaar iets wat deelnemers vir nog lank sal onthou! Daar is baie gelag, hard getrap en lekker geëet.

‘n Spesiale dankie aan oom Butch en tannie Pollie Bronkhorst wat soveel moeite gedoen het om hierdie onvergeetlike buitelug geleentheid vir ons te reël.

Dankie ook aan ons borge, Prineal Sighn, Andries van Wyk en Milton Slabber vir die pizzas, coke en sjokolade. Dankie Helene, haar ouers en Juanita vir die ondersteuningsvoertuie.

Dit was voorwaar ‘n besonderse ervaring en hopelik kan so ‘n pretrit gou weer plaasvind!