Home Local News Weather Vuurseisoen in volle swang

Vuurseisoen in volle swang

Vuurseisoen in volle swang. Op Donderdag, 23 Julie het die Mkhondo Nooddienste hulle hande behoorlik vol gehad met ’n beheerde brand en een wat deur kwaaddoeners gestig is.

Die rookwolke, wat die gevolg was van die beheerde brand op die hoek van Draad- en Olmesdahlstraat, was so dig dat motoriste nie die pad voor hulle kon sien nie en moes dus hulle spoed aanpas. Die vlamme was wel goed onder beheer gehou en alhoewel dit ’n ongerief vir motoriste en inwoners van die huise om die veld was, was dit beslis nodig.

’n Beheerde brand verminder die moontlikheid van ’n gevaarlike brand wat dalk deur kwaaddoeners gestig kan word op ’n latere stadium.

Terselfdertyd was daar ’n brand in en om die begraaf-plaas op die hoek van Theo Moche- en Mullerstraat, wat deur kwaaddoe-ners gestig is.  Die vlamme het hoog gebrand en het die heining van die begraafplaas beskadig.

Volgens ’n bekommerde inwoner van Piet Retief, was die areas om die heining ver-onderstel om skoon te wees sodat die vlamme nie by die heining kan uitkom nie. Indien daar ’n brand is, brand die beskermingslaag van die heining af. Dit sal dus op die onkoste van belastingbetalers vervang moet word, as gevolg van erge roes.

Om ’n onbeheerde brand te stig is baie onverantwoordelik. Dit kan lewens in gevaar stel en baie skade aanrig. Dit is strafbaar deur die gereg en jy kan ’n boete asook tronkstraf kry. Dink ’n bietjie voor jy doen.

Wees verantwoordelik!

 

- Advertisment -

Latest Excelsior News

Donations handed out in Driefontein

On Wednesday 2 September women in Driefontein were given donations of mealie-meal and treated to a braai to celebrate the end of Women’s Month....

Cattle roaming the streets of residential areas

Roaming cattle can walk up to 7.5 km per day. They walk at an average speed of between 3 – 3.5 km/h.  On Friday night...

Overflowing drain reported

On Friday 11 September an overflowing drain on the N2 Pongola road was reported to the appropriate department of the Mkhondo Local Municipality. By...

Laerskool Wittenberg vier lentedag ten bate van die CMR

Op Vrydag 4 September het leerders van Laerskool Wittenberg die geleentheid gehad om vir lentedag kreatief te raak en aan te trek soos die...

Community assists with municipal water

On Tuesday 8 September the residents of Mkhondo received a notice from the Mkhondo Local Municipality, informing them that the new Water Treatment Works...

Piet Retief Grand Prix

On Saturday 12 September a video was shared on a AfriForum Whats-App group, showing the drivers of two vehicles racing "Grand Prix style" in...