Twee seuns aangeval vir ’n fiets

0
241
Twee seuns aangeval vir ’n fiets

Op Dinsdagoggend, 11 Augustus om ongeveer 11:00, het twee seuns (ongeveer 17-jaar oud) op die gewilde Parkrun roete fietsgery toe hulle deur twee mans aangeval is.

Die seuns was blykbaar op pad huis toe na hulle oefening, toe twee mans met stokke gewapen uit die plantasies gehardloop het, reg om hulle aan te val. Die twee op die fietse het probeer wegkom maar een van hulle het geval en die skelms het sy fiets gevat.

Genadiglik het die seuns ongedeerd weggekom maar die gemeenskap word gewaarsku om ui-ters versigtig te wees wanneer hulle in die plantasies gaan draf, stap of fietsry. Dit is baie maklik vir iemand om weg te kruip en jou onkant te betrap. Oefen in groepe, dit sal kwaaddoeners dalk ontmoedig om aan te val.

Maak seker iemand weet te alle tye waar jy jou bevind en moet nie alleen in die plantasies gaan oefen nie. Dit is gevaarlik!