Pieties herwin!

0
125
Pieties herwin!
Pieties herwin!

Hoërskool Piet Retief het onlangs ‘n vernuftige nuwe toestel aangeskaf, wat die herwinningsproses van die skool sal opskerp.

Hierdie toestel is uit slegs herwinbare materiale gemaak en word gebruik om leë blikkies plat te druk en direk in ‘n groot sak te laat val, om sodoende tyd en moeite te bespaar. Voorheen sou dit eers vullisterrein toe geneem word en daar sou die blikkies uitgehaal word om skrootwerf toe te gaan.  Met hierdie toestel, beoog ons om leerders te motiveer om te herwin, nie net by die skool nie, maar by die huis en in die gemeenskap.

Ons sê graag dankie aan mnr. Bokkie van der Linde vir die ontwerp van die toe-stel asook aan P.W. Mouton vir die borg.