Home Local News Community Projects Panbult boere verbeter pad

Panbult boere verbeter pad

Op Maandag 10 Augustus het die boeregemeenskap van Panbult saamgespan en begin om die Panbult pad na Amersfoort, vanaf Panbult, te skraap en oor te doen.

Volgens die boere, is die pad al vir jare lank in ’n haglike toestand en alhoewel hulle die situasie al baie gerapporteer het, het die rege-ring niks daaraan gedoen nie. Gedurende die reënseisoen is die pad amper onbegaanbaar.

Die boere is afhanklik van hierdie pad om aflewerings te doen, by die dorpe in hulle omgewing uit te kom en vir verskeie daaglikse aktiwiteite. Hulle dra al die onkostes van die herstel van die pad self en beplan om dit stuk-stuk te doen, vir so lank as wat die nodige fondse beskikbaar is, al neem dit ook ’n jaar of langer om te voltooi.

Boere doen dit self
Die boere dra al die onkostes van die projek self

Dit is ’n reuseprojek om aan te pak, maar noodsaaklik. ’n Ordentlike pad kan ’n groot verskil maak in die Panbult-boeregemeenskap se veiligheid en produktiwiteit.

Lees oor ander pad probleme in Piet Retief. 

Baie dankie aan elke boer wat ’n bydra maak tot hierdie projek. Julle maak ’n groot verskil en dit word opreg waardeer.

- Advertisment -

Latest Excelsior News

Overflowing drains a health concern

It is shocking to see how many sewerage drains in Piet Retief are overflowing. Some of these drains have been overflowing for quite some...

A Women’s Month treat

On Thursday morning 27 August, the ladies who work at Best Home and Electric in Mkhondo were treated with a delicious cake to celebrate...

Dagga bust of R900 000-00

On Wednesday 26 August members of the Mkhondo SAPS, as well as a member of the Mkhondo Traffic Department conducted a roadblock on the...

Medical waste in public area

A concerned citizen of Mkhondo recently visited the Excelsior News to report, what he had assumed to be, medical waste which was found in...

Learners receive necessary donation

On Tuesday 25 August, 140 learners of Thathukusa Primary School in Panbult received a necessary donation from the Department of Public Works, Roads and...

Two officials involved in fatal accident

The Mpumalanga Department of Education has learned with shock the news of the passing away of two officials of the Gert Sibande District, who...