AfriForum Sigbaarheidspatrollie

0
167
Sigbaarheidspatrollie Afriforum
Die lede van AfriForum wat gepatrolleer het

Op Vrydagaand, 7 Augustus om ongeveer 18:00, het 23 AfriForum Sigbaarheidspatrollie buurtwaglede bymekaargekom om die strate van Piet Retief te patrolleer.

Gerhard Böhmer van AfriForum, vertel dat die middedorp en die woonbuurte baie bedrywig was in die vroeë aand, maar dat dit later begin stil raak het. Die lede het deur al die sektore gery en seker gemaak dat hulle gesien word en dus so gepoog om enige kriminele aktiwiteite te ontmoedig.

Veiligheidswenke vanaf AfriForum:

Maak seker dat die hekke van julle erwe toe en gesluit is, maak ook seker dat julle tuinge-reedskap en ander waardevolle items toegesluit en buite sig van die straat af is. Maak seker dat julle voertuie ge-sluit en op ‘n veilige plek is. Dit is belangrik dat erwe goeie beligting het. As julle iets hoor, moet asseblief nie alleen gaan ondersoek instel nie, vra eerder vir hulp van buite, soos ’n buurman of die plaaslike buurtwaggroep. Maak seker dat alarmstelsels in ’n werkende toestand is en toets dit met die hulp van die betrokke sekuriteitsmaatskappy. Skerp veiligheid op!

Baie dankie aan Philip Gersbach van die Coffee Shoppe en ook aan Berno’s Slaghuis vir die heerlike sop wat aan die AfriForum-lede verskaf is. Hendry Britz van Sasol N2 het ook later die aand koffie uitgedeel. Baie dankie.

’n Spesiale dankie aan die volgende toegewyde lede van AfriForum wat gepatrolleer het:

Louis Malan, Louis Malan Jnr., Gerhard Böhmer, Graham en Charmaine Wright, Mohie Sofina, Gerhard Roodt, Deon Moolman, Mossie Cara, Laurence Schoeman, Michael Janssen, Varkie Pieterse, Jan en Pricilla Botha, Heinrich Heyman, Ben en Charmaine Janssens, Tiaan Janssens, Gert en Luco van der Walt, Louis Kotze, Amanda Kotze en Gerhard Pieterse.

Om betrokke te raak by AfriForum en die goeie werk wat hulle doen, skakel gerus vir Gerhard Böhmer op 083 727 4766.