Home Local News Local Businesses Totsiens George totsiens Pillbox Apteek

Totsiens George totsiens Pillbox Apteek

0
Totsiens George totsiens Pillbox Apteek

Op Vrydag, 26 Junie was die span van Pillbox Apteek vir die laaste maal tot diens vir hulle lojale kliënte.

Mnr. George Albertyn is al vir 38 jaar die trotse eienaar van die apteek. Hy is in Bloemfontein gebore en het daar ook sy skoolloopbaan voltooi, waarna hy by die Noordwes Universiteit sy graad in aptekerswese behaal het.

Na sy studies, het hy Piet Retief toe verhuis om sy praktiese jaar by die oorspronklike Pillbox Apteek, toe nog deur mev. Helen Vorster besit, te doen. Gedurende hierdie jaar het Helen besluit om die apteek te verkoop en George het die geleentheid met beide hande aangegryp en die besigheid gekoop.

Hy bedank graag die gemeenskap vir hulle ondersteuning deur die jare en sê dat hy na Piet Retief se mense gaan verlang wanneer hy na Stanford in die Weskaap verhuis.
Sterkte vir die toekoms George, ons wens vir jou alles van die beste!