Home Old Age Homes Huis Immergroen Nuus

Huis Immergroen Nuus

0
Huis Immergroen Nuus

Die inwoners wil baie dankie sê aan Michael Blignaut en Jenny van Zyl wat hulle met pragtige musiek kom vermaak het. Hulle het dit terdeë geniet.

Huis Immergroen het ook ‘n deurry gehou waar hulle heerlike groentesop en vars gebakte brood verkoop het. Dit was ‘n reusesukses en bedankings aan Leona en haar span vir die harde werk om dit moontlik te kon maak. Baie dankie aan al die Piet Retiewers wat die inisiatief ondersteun het. Hierdie fondsinsameling sal nou maandeliks, aan die einde van elke maand gehou word. Kerrie-en-rys is volgende op die spyskaart. Onthou om bestellings vroegtydig aan Leona (072 615 4724) deur te gee om teleurstel-ling te voorkom.

Die personeel en inwoners will ook graag hulle dank betoon aan Gerhard Böhmer en Cas Broodryk van AfriForum, asook Anton Nortje van die Mkondo Rampbestuur-eenheid vir die ontsmetting van Huis Immergroen en Villa Sandra. Dit word waardeer dat julle die inwoners se veiligheid ook belangrik ag in die stryd teen Covid-19.

Baie dankie ook aan die families en vriende van die inwoners wat seker maak hulle hou by die voorgeskrewe reëls wanneer pakkies afgelaai word. Julle maak die personeellede se werk net soveel makliker.

Laaste, maar nie die minste nie, dankie aan al die personeel vir dit wat hulle doen om die inwoners se veiligheid te bly verseker.

Mag almal gesond en veilig bly.

Immergroen liefde.