AfriForum doen dit self

0
132
AfriForum doen dit self

Op Saterdag, 27 Junie het mnr. Gerhard Roodt besluit om die diep slaggate op drie kruisings van Engelbrechtstraat met fyn klippies en grond te vul.

Met die hulp van sy tuinier kon hy die gate op die hoeke van Deborah– en Engelbrecht-, Van Dyk– en Engelbrecht- en die hoek van Klip– en Engelbrechtstraat vul. Volgens lede van AfriForum is hierdie slaggate al vyf maal by die Mkhondo Plaaslike Munisipaliteit aangemeld, vier keer voor die nasionale inper-king en een keer gedurende die inperking.

AfriForum doen dit self
Mnr. Roodt en sy tuinhulp was hard aan die werk

Blykbaar het baie gemeenskapslede by mnr. Roodt gestop om vir hom dankie te sê vir wat hy doen en een persoon het selfs vir hom ’n R100-00 donasie gegee.
Volgens Louis Malan van AfriForum is die teer wat hulle bestel het (om die slaggate permanent mee te vul), al klaar betaal en sal dit binnekort in Piet Retief aankom.

AfriForum bedank graag die lede wat nie bang is om hulle moue op te rol en hard te werk om Piet Retief ’n beter plek te maak nie. Julle pogings word opreg waardeer. Hulle daag ook die jeug van Piet Retief uit om betrokke te raak by AfriForum en hulle menige projekte. Vir meer inligting kan die AfriForum jeugvoorsitter, Mohie Sofinia, op 063 585 8130 geskakel word. Die ondervoorsitter, Tiaan Jansens, kan op 071 613 9170 geskakel word.

Baie dankie vir die positiewe verskil wat verskeie orga-nisasies of individue in die gemeenskap probeer maak.