Fontana Gemeente Piet Retief - Lof onder die sterre

Op Woensdagaand, 27 November om 18:00, het Fontana Gemeente ’n “Lof onder die sterre” aand aangebied op Laerskool Piet Retief se netbalbane.

Die ingang vir hierdie geleentheid was nie-bederfbare kosprodukte of ’n speelding wat dan aan die CMR vir minderbevoorregte mense geskenk is. Die gemeenskap van Piet Retief het werklik hulle harte oopgemaak en trollies vol produkte is ingesamel vir die Lof onder die sterre aand.

Die mense wat die Lof onder die sterre geleentheid bygewoon het, het hulself gemaklik gemaak op kampstoele of komberse op die groen grasperk en daarna het die lofsange begin. Be-kende Kersliedjies soos Die Heiland is gebore, Somerkersfees, Oh come let us adore Him en Stille nag is deur solokunstenaars, die dorps-koor en as duette gesing.

Daar is programme uitgedeel met die liedjies se woorde, sodat elk-een teenwoordig aan die lofprysing kon deelneem.

Hierdie aand sou nie suksesvol gewees het as dit nie vir die goedhartigheid van die gemeenskap was nie, baie dankie aan elk-een wat die moeite gedoen en opgedaag het.

Fontana Gemeente Piet Retief - Lof onder die sterre
Die mense wat die geleentheid bygewoon het, het hulself gemaklik gemaak op die grasperk