Big Hearts Foundation Gholfdag

Op Saterdag, 30 November het 54 gholfliefhebbers by die Piet Retief Buiteklub bymekaargekom vir ’n buitengewone Big Hearts Foundation gholfdag, ten bate van mense met ernstige mediese  toestande.

Die eerste span het om 07:30 afgeslaan en alhoewel dit ’n baie warm dag was, is die dag terdeë geniet by die Big Hearts Foundation Gholfdag.

Baie geluk aan die volgende:

  1. Die wenners was Pierre Coetzee, Joe Coetzee, Neil Francis en Manfred Böhmer van die 3C-span.
  2. In tweede plek was Toit Thomas, Karen Thomas, Linda Needham en Ferdi Greeff.
  3. Die prys vir die langste dryf het gegaan aan Heinrich Schutte.
  4. Die “nearest to the pin”-wenner was Pierre Coetzee.

Baie dankie aan elkeen wat betrokke was met die reëlings van hierdie dag, asook die gholfspe-lers wat dit ondersteun het. Dit was ’n groot sukses!

Die verskeie organisasies en individue wat by die Big Hearts Foundation aangeklop het vir hulp, sal beslis baat uit die dag se fondse wat ingesamel is.

Vir meer inligting aangaande die Big Hearts Foundation of om ’n bydrae te lewer, skakel gerus vir Neil Francis op 082 387 5070.

Ons maak weer so in 2020!

Big Hearts Foundation Golf day prize giving
Baie geluk aan die wenspan!