Sigbaarheidspolisiëring

Op Vrydagaand, 8 November het 37 lede van AfriForum, 28 lede van die Piet Retief SAPS asook twee lede van die verkeerspolisie, ten spyte van die koue en reën, bymekaargekom om die strate van Piet Retief met sigbaarheidspolisiëring te patrolleer.

Die sterk sigbaarheidspolisiëring teenwoordigheid van die SAPS het dit duidelik gemaak dat hulle en hulle nuwe Stasiebevelvoerder, Kolonel Thela, die bevegting van misdaad in ons dorp in ’n ernstig lig sien.

Gedurende die sigbaarheidspolisiëring nag is die woonbuurte van Piet Retief gepatrolleer en hulle het ook padblokkades deur die wyk gedoen. Daar was ook bystand by ’n ongeluk op die N2 Ermelopad verleen. Vir twee ure is daar in die reën gestaan en geassisteer totdat die toneel opgeruim was.

Die volgende arrestasies is gemaak gedurende die nag:

  • 12 persone is gearresteer omdat hulle onder die in-vloed bestuur het.
  • Een arrestasie is gemaak van ’n persoon wat dagga in sy besit gehad het.
  • Vyf persone is gearresteer vir drink in die publiek

Die Verkeersdepartement het ook vier mense gearresteer wat onder die invloed van alkohol bestuur het en vier verkeersboetes is uitgereik.

Die aand was ’n groot sukses en daar is weereens bewys dat dit in die beste belang van Piet Retief se mense is as ons saam met die SAPS werk in die eliminering van misdaad.

Baie dankie aan elke lid van Afri- Forum, SAPS en Verkeersafdeling wat deelgeneem het aan die operasie.

Dankie aan elke besigheid wat eet- en drinkgoed geborg het en aan die persone wat so getrou op hul poste is om die kos voor te berei.