Minibus-taxi bots met vervoertrok

Op Maandag, 14 Oktober is 25 mense lig beseer in ’n ongeluk op die Ermelopad toe ’n minibus-taxi en ’n vervoertrok gebots het. Die ongeluk het om ongeveer 15:30 plaasgevind.

Die omstandighede is onduidelik. Die minibus-taxi bestuurder van die vervoertrok het baie mense vervoer, dus al die beserings.

Op Dinsdag, 15 Oktober het ’n ongeluk op die hoek van Kerkstraat en Gerhard Böhmer weg plaasgevind tussen twee voertuie. Die bestuurder van ’n Corsa bakkie het voor ’n Suzuki Swift ingery en die bestuurder van die Suzuki het gevolglik met die Corsa gebots. Een persoon is lig beseer.

Op Donderdag, 17 Oktober op die Pongolapad het die bestuurder van ’n trok beheer verloor nadat een van die trok se bande gebars het. Die bestuurder van die trok het met twee voertuie gebots voordat hy die trok van die pad kon afry. Met die aan-      koms van die Nooddienste, was die twee betrokke voertuie klaar verwyder. Geen beserings is aangemeld nie.

Op Vrydag, 18 Oktober op die Paulpietersburgpad het die bestuurder van ’n bakkie ligte beserings opgedoen toe die agteras van sy bakkie uitgeval het. Die bakkie se vrag was vermoedelik te swaar.

Die inligting aangaande die bogenoemde ongelukke word voorsien deur mnr. Anton Nortje, hoof van die Mkhondo Nooddienste. Vir meer inligting, skakel hom gerus op 079 872 8989.

From the office of the acting National Commissioner of the South African Police Service