Dienssentrumlede besoek Badplaas

20 lede van die Silwerjare Dienssentrum is gekies vir ’n weeklange uitstappie na Badplaas.

Maandagoggend, 21 Oktober het 20 opgewonde lede met vakansie na Badplaas vertrek. Alhoewel hulle verblyf oorkant die pad van die bekende vakansieoord, Forever Resort Badplaas was, het hulle elke dag die geleentheid gehad om van die oord se geriewe gebruik te maak.

Hulle is ook op ’n bootrit en ’n wildbesigtigingsrit geneem. Op die wildrit het hulle diere soos volstruise, kameelperde en buffels gesien. Dit was voorwaar ’n besonder aangename ondervinding!

Dienssentrumlede besoek Badplaas
Die Dienssentrumlede het die geriewe terdeë geniet

By die Rotary Resort het hulle saans heerlik gedans en gesels oor die dag se aktiwiteite. Hulle het uitgeput op Sondag, 27 Oktober teruggekeer en sal beslis hierdie vakansie vir lank onthou.

Die lede van die Dienssentrum wat in Piet Retief agtergebly het, is op Donderdag, 24 Oktober met ’n heerlike ete by die Wimpy bederf. Hierdie Badplaas uitstappie is deur Welverdiend Forestry geborg.

Baie dankie aan die volgende borge:

  • TWK
  • Sasol
  • Dienssentrum – Piet Retief
  • August Böhmer
  • Charka
  • Steenekamp Vervoer Hendrik sr.
  • Callie Prigge
  • Assegaai Bande
  • Diesel Elektries
  • Wimpy
  • Piet Retief Hoërskool (Barrie) vir die bussie
  • Bussie se bestuurder, Bheki