Teeboomolie – Het jy geweet?

Op Woensdag, 18 September het 40 VLU-lede vanuit die hele streek bymekaargekom vir ’n leersame vergadering wat hulle kennis oor tea tree olie / Teeboomolie verbreed het.

Hendrik Klopper, Andre de Waal en Ryan Biggs het die dames meer oor die distillering van Teeboomolie ingelig en ook vertel van die baie voordele en gebruike wat dit het.

Gebruike vir tea tree olie:

  • Teeboomolie kan as ’n handontsmettingsmiddel gebruik word aangesien dit kieme effektief doodmaak.
  • Dit kan gebruik word as ’n afweermiddel teen muskiete en vlooie.
  • Dit is ’n baie effektiewe reukverdrywer en kan onder die arms ook gebruik word.
  • Dit kan gebruik word om wonde te ontsmet en dit bevorder ook die genesingsproses.
  • Dit help om aknee te beveg.
  • Wanneer dit by jou sjampoe gevoeg word, kan dit help om skilfers te beveg.
Teeboomolie – Het jy geweet?
Hendrik Klopper het dit geniet om die dames toe te spreek

Na die boere se demonstrasie het Cindy Coetzee vir Riaan Maree, Hendrik Klopper en hul gades dankie gesê dat hulle ten spyte van die struikelblokke wat boere deesdae moet oorkom, steeds ’n verskil maak en hulle werk met passie doen. Sy het hulle ook gelukge-wens met die verskeie prestasies wat hulle gedurende die jaar behaal het.

Agter elke suksesvolle boer is daar ’n vrou wat hom ondersteun en daarom het sy ook erkenning aan die vrouens gegee. Sonder hulle liefde, opoffering, geduld en geloof sal Suid-Afrikaanse boere se paadjies nog moeiliker wees.

Dankie aan elkeen teenwoordig, dit het die dag net soveel meer spesiaal gemaak. Tot volgende keer!