Spur-bergfietsliga

“Remember that guy who gave up? Neither does anyone else.” www.Fearlessmotivation.com

Op Saterdag, 14 September het die Spur-bergfietsliga na ses wedrenne tot ’n einde gekom. Die finaal het by Mankele Bike Park in Nelspruit plaasgevind en daar was ongeveer 500 deelnemers.

Laerskool Piet Retief se fietsryers het uitstekend gevaar by die lê algeheel vierde in Mpumalanga na dié kompetisie.

Die meerderheid van Piet Retief se Spur-bergfietsliga fietsryers het die top 10 in hulle verskeie ouderdomsklasse behaal. Die volgende deelnemers het besonders goed gery:

  • WC van Schalkwyk is tweede in Mpumalanga in sy ouderdomsklas (7 – 8 jaar).
  • De Wet Bernard is derde in Mpumalanga (9 – 10 jaar).
  • Miané van Barneveld ry ook ’n derde plek los in haar groep (13 – 14 jaar).
  • Luzaan Durand behaal tweede plek in Mpumalanga in haar ouderdomsklas (13 – 14 jaar). Ongelukkig is sy beseer tydens haar laaste wedren op Saterdag en as gevolg van haar beserings mis sy die geleentheid om aan die nasionale kampioenskappe te gaan deelneem.

Baie geluk aan elke deelnemer, julle deursettingsvermoë en toewyding is iets om te bewonder.