LPR leerlinge blink uit

Goeie sportmanskap gaan daaroor om mense te inspireer, selfs die waarteen jy kompeteer. Dit gaan oor die gesindheid waarmee jy optree op die sportveld en ook wanneer jy dalk as verloorder van die veld afstap.

Op Woensdag, 14 Augustus, het die leerlinge van Laerskool Piet Retief aan verskeie sportbyeenkomste deelgeneem.

Die tennisspelers het al vroeg na Volksrust vertrek waar hulle teen Laerskool Pionier deelgeneem het. Die dogters het hulle harte uitgespeel en die finale telling was 25-18, in Piet Retief se guns.

Die seuns het ook geseëvier met ’n finale telling van 30-13. Beide die spanne kan trots wees op hulle gesindheid tydens hierdie wedstryde. Baie geluk ook met julle oorwinning!

Terwyl die leerlinge tennisspelers besig was in Volksrust, het LPR se sokkerspanne op ons tuisvelde teen Paulpietersburg Laerskool meegeding. Die LPR O/11-span het drie doelpunte aangeteken terwyl hulle teenstanders net twee doelpunte kon aanteken. Die eerstespan het ook gewen met ’n telling van 3-2.

Welgedaan aan leerlinge wat deelgeneem het en hou aan om Laerskool Piet Retief se naam hoog te hou met julle goeie gedrag.

LPR leerlinge blink uit