Kop-aan-kop botsing

Ses mense is op Sondag, 12 Augustus dood in ‘n Kop-aan-kop botsing nadat twee voertuie mekaar reg van voor op die N2 Pongolapad (sowat 60 km vanaf Piet Retief) getref het.

Met nadere ondersoek het Nooddienspersoneel gesien dat vyf persone reeds gesterf het. Die sesde persoon is dood van die (Kop-aan-kop botsing) met aankoms by die hospitaal en vier persone is op die toneel gestabiliseer en na die Itshelejuba Hospitaal afgevoer.

Op Donderdagaand, 8 Augustus net na 21:00, was twee voertuie in die rigting vanaf Ermelo op pad na Piet Retief. Ongeluksverslag (8-12 Augustus)

Die bestuurder in ’n grys Volkswagen Golf het nie ’n geleentheid gekry om aan die regterkant verby te steek nie en sy kans gewaag om aan die linkerkant verby te druk. Die Volkswagen Golf het die Toyota Cressida gestamp en die Golf het gerol. Vyf mense is beseer en behandel.

Twee ongelukke op een dag – Saterdag, 10 Augustus.

Omstreeks 14:00 Saterdagmiddag, het die bestuurder van ‘n wit Volkswagen Polo sy voertuig gerol op die N2 nadat hy die Paul-     pietersburg afdraai misgery het.

Die Nooddienste kan nog nie bevestig of die bestuurder die spoedlimiet oorskry het of aan die slaap geraak het nie – geen beserings is aangemeld nie.

Kort na die vorige ongeluk is die Nooddienste uitgeroep om 14:45, na die Driefonteinpad, waar een persoon ligte beserings opgedoen het nadat die bestuurder van ’n wit Toyota vermoedelik beheer verloor en die voertuig in ’n sloot tot stilstand gekom het.

Op 12 Augustus, het die bestuurder van ’n blou Volkswagen Polo vermoe-delik nie gestop by die  stopstraat op die hoek van Brandstraat en Von Brandisstraat nie en ’n Nissan wat in die rigting vanaf Mahamba gekom het gestamp. Niemand is beseer nie.

Gehoorsaam die padreëls! Arrive alive!

Vir meer inligting aangaande hierdie ongelukke, skakel gerus vir mnr. Anton Nortje op 079 872 8989.