HPR netbal maak geskiedenis

O/16 HPR Netbal het die vrugte gepluk van maande se harde oefening en voorbereiding toe hulle deurgedring het na die SASN-kampi-oenskappe te Hoërskool EG Jansen vanaf 18 – 21 Julie.

Die uitslae was soos volg:

  1. Hoërskool Piet Retief verloor teen Hoërskool Dui-neveld, 3-15
  2. HPR verloor teen Windhoek Hoërskool, 7-20
  3. HPR verloor teen Hoërskool Sentraal, 12-14
  4. HPR seëvier teen Framesby Hoërskool, 16-10
  5. Nog ’n oorwinning vir HPR teen Hoërskool Ben Vorster, 17-12

Hierdie uitslae beteken dat HPR netbal se O/16-netbalspan onder die top 20 van die land se netbalspanne in hulle ouderdomsklas is, ’n eerste vir ’n HPR-netbalspan.

Baie geluk! Julle toewyding is voorwaar ’n inspirasie vir ander jong sportmanne en –vroue.