AfriForum bedank hul lede

Op Vrydag, 2 Augustus, het AfriForum Piet Retief se lede by Tyremart bymekaargekom vir ’n genotvolle spitbraai, om hulle te bedank vir die positiewe rol wat hulle in ons gemeenskap speel.

AfriForum is gereeld besig om Piet Retief skoon te maak, te patrolleer en te veg vir wetstoepassing. ’n Braai, geborg deur plaaslike besighede, was maar net ’n klein blyk van erkenning.

AfriForum bedank hul ledeDie aand was nie net deur die volwassenes geniet nie, maar daar was ook vermaaklikheid gereël vir die kinders. Hulle kon heerlik op springkastele baljaar terwyl mamma en pappa om die vuur gestaan en kuier het.

Baie dankie aan elkeen wat hierdie aand moontlik gemaak het, dankie ook aan elke AfriForum-lid wat nie terugstaan om ons gemeenskap te help nie.


AfriForum ken-mekaar-braai – 03 December 2017

Op Vrydag, 17 November, het lede van AfriForum Buurtwag ’n bekendstellingsbraai gereël om nuwe lede wat by dié Buurtwag aangesluit het, te verwelkom en heerlik saam te kuier.

Die geleentheid het omstreeks 18:00 by Assegaai Bande ‘n aanvang geneem en daar was ’n heerlike skaap op die spit. Die gaste het kans gekry om vrae te vra rondom wat AfriForum Buurtwag doen en wat dit behels om ’n lid te wees.

AfriForum ken-mekaar-braai Anessa Coetser
Daar is heerlik om die braaivleisvure gekuier

Mnr. Hennie Bekker, AfriForum Mpumalanga Veiligheid Koördineerder, het die gaste toegespreek en genoem dat Piet Retief se lede werklik ’n verskil in die gemeenskap maak en dat die dorp een van die min dorpe is wat daarin kon slaag om ’n wetlike optog te reël vir Swart Maandag (30 Oktober). Hy het elkeen bedank vir hul voortdurende ondersteuning en bystand. Na die toespraak, is daar heerlik saam geëet en verder gekuier.

Die gaste en organiseerders het die ken-mekaar- braai terdeë geniet en sien uit na die volgende keer. Baie dankie aan almal wat ’n bydrae gelewer het tot die sukses van die aand asook elke lid wat bereidwillig was om die geleentheid by te woon. Vir meer inligting oor AfriForum Buurtwag of om aan te sluit, SMS of WhatsApp jou naam na 071 411 0784.

AfriForum ken-mekaar-braai
AfriForum Buurtwag Piet Retief se bestuur is soos volg:
(van links agter) H. Bekker (Mpumalanga Veiligheid
Koördineerder), CJ Pieterse (Sektor Leier), J. Potgieter (Sektor
Leier). (van links voor) L. Malan (O.P.S. Voorsitter), D. du Plessis
(Sektor Leier), A. Gunter (Ondervoorsitter) en
G. Böhmer (Voorsitter)