Michael Blignaut Photo Shoot

Michael Blignaut se sangloopbaan is steeds besig om te groei en op Vrydag, 16 Augustus, sal sy nuwe enkelsnit saam met Vaughan Gardiner en Hugo Ludik vrygestel word.

Die nuwe enkelsnit Ons het net vanaand verskil hemelsbreed van sy vorige enkelsnitte, Naglig en Hemelwater. Hy vertel dat snit nommer drie ’n danstreffer gaan wees en dat die motief agter die liedjie, liefde is. Op Vrydag, 5 Junie, was Michael Blignaut in gesogte fotograaf, Jacques du Preez, wat onlangs Riana Nel en Danny Smoke se foto’s vir hulle nuutste albums se voorkant geneem het, se ateljee om ook die foto’s vir sy nuwe enkelsnit te laat neem.

Dit was ’n onvergeetlike ervaring en op dié dag het Michael homself tussen bekendes soos Suid-Afrika se Springbok Rugbyspan en Karlien van Jaarsveld bevind.  Ten spyte van die effense spanning, het hy steeds sy beste glimlag gegee en dit het geblyk of hy al jare se ondervinding voor die lens gehad het.

Ons sien uit om op jou nuwe enkelsnit te dans!