Afriforum maak begraafplase skoon. Afriforum keeps graveyards neat and tidy
begraafplase

Daar is al telkens verslag gedoen oor Piet Retief se begraafplase wat in ’n verwaarloosde toestand is.

AfriForum Piet Retief het eie inisiatief geneem en spanne ingestuur om twee van die begraafplase skoon te maak. Dié taak neem al ongeveer twee weke lank, die rede hiervoor is dat daar al vir ’n ge-  ruime tyd geen aandig geskenk is aan die plekke nie.

Lang gras huisves hulself al vir jare in die begraafplase en dit het harde arbeid geverg om al die grafte weer netjies te laat lyk. Gelukkig was geen berg te groot vir die spanne wat vrywilliglik kom hand bysit het nie, en die twee plekke lyk nou weer waardig.

Die AfriForum-span het dit ook in hulle eie hande geneem om die een hek by die begraafplaas in Kerkstraat self te herstel. Hopelik sal dit help om ongenooide gaste en kwaaddoeners by die hek al in hulle spore te stuit.

Die inwoners van Piet Retief bedank graag vir AfriForum en al die vrywilligers, vir die besonderse diens wat hulle altyd lewer.

Almal wil graag hulle geliefdes ter ruste bring in ’n netjiese omgewing.