Piet Retief Rugbyklub
Piet Retief Rugbyklub

Op Saterdag, 8 Junie 2019, het die Piet Retief Rugbyklub omtrent die vloer gevee met hulle opponente.

Die Mighty Buffaloes van Newcastle het nie ’n kans gestaan teen Piet Retief se eerste span nie. Ons spelers behaal ’n oorwinning van 132-0. Die agterspeler van die wedstryd was Ray van der Lith en die voorspeler was Nipho Dlamini.

Die tweede span, wat teen die Flying Eagles van Dundee te staan gekom het, was ook triomfantlik met ’n eindtelling van 73-5. Die agterspeler van die wedstryd was Leeroy Breytenbach en die voorspeler was Lourens Schoeman. Baie geluk aan al die spelers.

Op 22 Junie 2019, sal die Piet Retief Rugbyklub spelers hulle kompetisie van Vryheid weer op die rugbyveld ontmoet. Hulle vra dat die dorp se inwoners asseblief in hulle massas sal opdaag en hulle kom ondersteun.

Baie geluk met die naweek se wen!