Landsdiens-projek se doelwit bereik

Op 31 Mei 2019, het Laerskool Piet Retief hande gevat en vir Cornelis Uys gehelp met sy Landsdiens-projek vir Asidlale.

Die Landsdiens-projek kompetisie is tussen die skool se verskeie klasse gehou om te kyk wie die meeste afvalprodukte kon insamel vir die wenprys.

Tot almal se verbasing was daar ’n enorme hoeveelheid afval wat ingesamel is, die Asidlale span moes behoorlik kopkrap om ’n stoorplek vir alles te kry.

Mnr. Heinrich Schutte se graad 5S klas het ’n hele vragmotor vol afvalhout en -papier ingesamel en dus kon dit nie anders as om hulle as wenners te benoem nie.

Cornelis wil graag vir die kinders van Laerskool Piet Retief en mnr. Bakker bedank vir die bereidwilligheid om hom met sy Landsdiens- projek te help.