Golf Besigheidsdag

Die winter is behoorlik op ons en Saterdag, met die jaarlikse Besigheidsdag, het die baan spierwit van ryp gelê toe die eerste vierballe afgeslaan het.

Niks hou egter ‘n gholfer van die gholfbaan af nie!!! Later die dag was die weer heerlik en ‘n wonderlike dag is geniet. Die kinders het die springkasteel behoorlik benut. Die finaal van die Besigheidsliga is ook gespeel.

Die drie spanne betrokke, was Busby Sawmills, JoDa en Wimsaw. Uiters goeie gholf is deur almal gespeel en met goeie punte word die Busby-span gekroon as die kampioene van hierdie liga. Dit was die eerste keer dat hierdie liga gespeel was en ‘n woord van dank aan elke besigheid wat ingeskryf het.

Die algemene kommentaar was baie positief en dit was die gevoel dat dit goed is om met spelers te speel saam met wie jy nie gewoonlik speel nie. So leer al die spelers mekaar ook beter ken.

Baie dankie aan Andre Croeser, ons voorsitter, wat die inisiatief met hierdie liga geneem het. Die dag se kompetisie uitslae is soos volg: 1ste: GW Grobler en Linda Needham 2de: André Meyer en Ulrich Böhmer 3de: Johan en Fritz Ernst.

Langste dryf dames: Sonja du Toit Langste dryf mans: JC Viljoen Langste dryf mans bo 50: Edmund Böhmer Naaste aan die pen op 4 en 14: Sven Prigge (hoe amper was daai nie ‘n hole in one nie Sven!!!!

Sou ‘n duur rondte gewees het!!) Naaste aan die pen op 6 en 15: Edmund Böhmer ‘n Spesiale woord van dank aan die komitee wat die suksesvolle dag gereël het asook die heerlike ete daarna.

Dawie, daai varkie en skaap was vingerlek-lekker asook al die bykosse wat deur Phiasjê gedoen is. Dae soos hierdie is nooit ‘n sukses sonder die borge nie en ons bedank hul opreg vir hul volgehoue ondersteuning aan die Piet Retief Gholfklub. Dit word waardeer.