HPR wintersportuitslae

Vroeg Saterdagoggend, 1 Junie 2019, het Hoërskool Piet Retief se gronde gewemel van leerders en onderwysers wat alles gereed moes kry vir die dag se sport teen Ligbron van Ermelo.

Na ’n lang dag van strawwe wedstryde was die eindresultate vir die Mpumalanga 1ste ronde (Grootskole Virseker Beker Afdeling 2), soos volg: Hokkie: Die 1ste span verloor, 1-2. Die 2de span verloor ook, 0-1. Die O/16’s verloor, 0-1. Die O/15’s veg vir ’n gelykop, 1-1. Die O/14’s het ’n oorwinning behaal van 1-0. Rugby: Tot al die “Pietie”- ondersteuners se spyt kon net drie van die rugbyspanne met oorwinnings seëvier. Ligbron

Die 1ste span verloor, 14-36. Die 2de span wen loshande, 19-0. Die 3de span wen, 24-7. Die O/16A’s verloor, 17-47. Die O/16B’s was aan die verloorkant, 0-19. Die O/15A’s wen naelskraap, 24-21.

Die O/15B’s verloor, 0-24. Die O/14A’s verloor, 5-38. Die O/14B’s verloor, 0-44. HPR Netbal: Op 31 Mei en 1 Junie 2019, het die O/16A’s en die eerste netbalspan aan die Mpumalanga Netbal A-Liga Kampioenskap deelgeneem in Nelspruit.

Die O/16A’s se uitslae was soos volg: HPR vs HS Lydenburg – Wen 14-11 (Speler van die wedstryd: Tiyandza Shongwe). HPR vs HS Generaal Hertzog – Wen 16-8 (Speler van die wedstryd: Olwethu Madi). HPR vs HS Bergvlam – Wen 17-8 (Speler van die wedstryd: Cayla Creydt). Kwartfinaal – HPR vs HS Nelspruit – Wen 18-10 (Speler van die wedstryd: Tanya Moyo). Semifinaal – HPR vs HS Secunda – Verloor 5-15 (Speler van die wedstryd: Angel Dlamini). Finaal – HPR vs Hoërskool Middelburg – Wen 13-9 (Speler van die wedstryd: Danika Uys).

HPR eindig derde in Mpumalanga van die 16 skole wat deelgeneem het. Die eerste span se uitslae was soos volg: HPR vs HS Bergvlam – Wen 30- 20 (Speler van die wedstryd: Tsholofelo Rammontsha). HPR vs Curro Nelspruit – Wen 41- 18 (Speler van die wedstryd: Aneska Smit). HPR vs HTS Middelburg – Verloor 23-43 (Speler van die wedstryd: Nobubelo Moyo). Kwartfinaal – HPR vs Ligbron – Verloor 26-39 (Speler van die wedstryd: San-Mari Erasmus). Semifinaal – HPR vs Hoërskool Middelburg – Verloor 26-33 (Speler van die wedstryd: Tsholofelo Rammontsha). Finaal – HPR vs Lydenburg – Wen 21-15 (Speler van die wedstryd: Nobubelo Moyo).

Die eerste span eindig sewende in Mpumalanga van die 16 skole wat deelgeneem het. Baie geluk aan al die spanne!