Devan eerste plek by Beat the Clock!

Op Saterdag, 8 Junie 2019, het Devan Smith sy konkurrente in die stof gelaat by die Laeveld Enduro in Hazyview. 

Devan het derde gekom van 23 motorfietse in die Silwer B-Klas. Hierdie Laeveld Enduro wedren was ’n eerste van sy soort vir Devan en hy het hom waarlik goed van sy taak gekwyt.

Dit is vir sy pa en ma ’n groot voorreg om Devan en sy motorfiets die land vol rond te karwei, sodat hy sy droom kan volg en kan aanhou om homself te verbeter.

Ons sien uit na wat die toekoms vir hierdie talentvolle jongman in hou.

Devan eerste plek by Beat the Clock!

Op Saterdag, 26 Januarie, het Devan Smith aan Dirt Bike Riding se “Beat the Clock” wedren gaan deelneem in Middelburg, en hy het behoorlik ’n stofwolk in sy teëstanders se gesigte gelaat!

Devan Smith eerste plek by Beat the Clock!Baie geluk met die eerste plek in die gemengde Beat the Clock Silwerkategorie (125cc – 450cc motorfietse) en ’n algehele tweede plek in die wedren! Hierdie komende Saterdag, 2 Februarie, gaan hy deelneem aan die Cross Country-wedren wat by die Pienaarsdam (Middelburg) sal plaasvind en op Sondag, 10 Februarie, gaan Devan deelneem in Johannesburg aan die Mayfair Gearbox Motocross Kampioenskappe.

Ons sal vir jou duim vashou!

Mooi so, Bruno!

Gelukwense is in orde vir klein Bruno Niebuhr, ’n geesdriftige motorfietsryer wat verlede naweek aan die MX-wedren ERORA (East Rand Off Road Association) in Kempton Park, gaan deelneem het.

Bruno Niebuhr
Bruno Niebuhr (heel regs) is gekies vir die TRAX KTM span

Bruno het sewende plek losgery tussen die 24 deelnemers in die 65cc-klas – goed so! Gedurende die afloop van verlede week, het Bruno se familie ook die nuus ontvang dat hy gekies is om vir die junior span van TRAX KTM te ry en dat hy deur plekke soos Basefit, Liquid Moly en FXR Brand geborg gaan word. Baie geluk Bruno!