Piet Retief Rugby Club vs Newcastle Highlanders

Op Saterdag, 4 Mei, het Piet Retief teen die Newcastle Highlanders gespeel op Newcastle Highlanders se tuisveld.

Die tweede span verloor 24-41 teen Newcastle Highlanders. Hulle punte is aangeteken deur: Wellington Shabalala, Jabu Dlamini, Sakkie Fourie en Assanda Ailai. Doelskoppe: Calvin Pretorius x 1 Die eerste span seëvier met ’n telling van 38-19 en hulle punte is aangeteken deur: Sam Ndlovu x 2, Sticks Mbatha, James Fourie, Wynand Niewenhuizen en Stompie Vilakazi. Doelskoppe: Deon Liebenberg x 4 Op Vrydag, 10 Mei, het Piet Retief tuisvoordeel gehad teenoor Volksrust.

Piet Retief Rugby Club vs Newcastle Highlanders
Dié drie manne van die tweede span het meer as genoeg rede om te glimlag na hulle enorme oorwinning

Die tweede span speel ’n wegholwedstryd en wen met ’n ongelooflike telling van 108-5, punte is bykans deur die hele span aangeteken: Bongumenzi Dlamini x 2, Markus van der Linde x 2, Ray van der Lith x 2, Calvin Pretorius, Zander de Beer, Jabu Dlamini x 2, Alexander Smith, Sakile (van is nie voorsien nie), Toit Tomas x 2, Gerdus Stapelberg x 2, Wian Beukes en Willem Hendriks.

Doelskoppe: Waldo Botma x 8 en Willem Hendriks x 2 Spelers van die wedstryd: Voorspeler: Jabu Dlamini Agterspeler: Bongumenzi Dlamini Die eerste span wen 13-10. Punte soos volg: Stompie Vilakazi Doelskop: Deon Liebenberg Strafskoppe: Deon Liebenberg x 2 Spelers van die wedstryd: Agterspeler: Armand Kruger Voorspeler: Johannes Klopper Piet Retief pak op Saterdag, 18 Mei, vir Sentraal hier op hulle tuisveld. Kom ondersteun gerus. Om 14:00 skop die tweede span af en die eerste span om 15:30. Bring die kinders saam en gaan geniet ’n warm middag van rugby.