Paasfeesvieringe in Piet Retief

“Paastyd is geetyd. Want Jesus het Sy lewe vir ons gegee. So ek wil iets baie spesiaal vir jou gee. Sy naam is Jesus…

Jy kan Hom teen jou vasdruk, liefhê, vertrou. Hy sal jou nooit verlaat of seermaak nie! En Hy is altyd daar vir jou! Mag jy altyd Sy Groot naam vereer. Geseënde Paasfees vol Jesus-liefde.” – Onbekend

Op Woensdag, 17 April 2019, het NHR Investments Paasfeesvieringe gehou om werkers te bedank en vir hulle te wys hulle word waardeer. Die dag is geopen deur pastoor Sheldon Hallis wat ’n boodskap oor Paasfees gebring het. “Dit was ’n geseënde oggend,” sê Sonia Dedekend, finansiële bestuurder by Montigny & NHR Investments. Na die opening het die jag na Paaseiers begin.

Pakkies is opgemaak en op die pakkies is Bybelverse aangebring wat by Paasfees pas en in die kantoor weggesteek. Al die deelnemers moes dan ’n Bybelvers trek en die pakkie soek met sy versie op. Wat ’n opwindende affêre!

Aan die einde van die soektog het die groep mense elkeen ’n koppie koffie of melkskommel van ’n plaaslike eetplek bestel en lekker gesels. Voorwaar ’n oulike manier om Paasnaweek af te skop en jou waardering vir die personeel te wys.


Onbeskryflike Paastyd vir bejaardes by Huis Immergroen

Vir die inwoners van Huis Immergroen was daar die afgelope tyd geen kans vir stilsit en niks doen nie; met musiek, vertonings, families wat kom kuier het en Paaseiers wat genuttig is, is die bejaardes se dae behoorlik opgehelder.

Op Dinsdag 9 April, het die Jeuggroep, Afrikaanse Evangeliese Band (AEB) by Huis Immergroen kom kuier en musiek gemaak. Wittenberg Skool se koor het ook op Sondag, 14 April die bejaardes kom besoek. Die optredes is vreeslik geniet en kon hulle nie uitgepraat raak oor die musiek nie. Huis Immergroen se inwoners en bestuurslede wil die twee groepe graag bedank.

Huis Immergroen se mense wil ook graag uit hulle harte uit dankie sê vir Irene Brussow en almal wat skenkings gemaak het gedurende die Paastyd, vanaf eiers en groente tot smaaklike sjokolade eiers is ontvang.

Na ’n oor en weer gekuier van familielede en vriende oor dié tydperk, sien die bejaardes nou ook weer kans vir ’n nuwe week. “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die Ewige Lewe kan hê.” – 1 Johannes 3:16. Immergroen Liefdegroete.


Elfieland vier Paasfees

Elfieland vermaak hulle kinders die Paasfees met ’n voordrag van die storie van Jesus aan die kruis en Paasfeeskruisekuns. In verlede week, kon die kleuters van Elfieland soos Paashasies aantrek en saam met vier hoppende hase op die speelgrond na Paaseiers soek.

Daar was ook ’n heerlike loting waar Paasfeespakkies gewen kon word. ’n Verskeidenheid van aktiwiteite het die die kinders besig gehou vir die dag. Die kinders het al die pret terdeë geniet en kan nie wag vir hulle volgende avontuur by die skool nie.


Plaaslike owerhede werk hard gedurende Paasnaweek

Gedurende Paasnaweek was Piet Retief se paaie ’n miernes soos duisende mense deur die dorp op pad was na hulle verskeie vakansiebestemmings.

Plaaslike owerhede werk hard gedurende PaasnaweekAlhoewel die paaie besig was, het Piet Retief se plaaslike owerhede kop gehou en veilige toegang vir padgebruikers verseker. Ons bedank die polisie, noodpersoneel en verkeersbeamptes wat die naweek aan diens was en hul naweek saam hulle families opgeoffer het om veiligheid op ons paaie te verseker.

Na die paar ongelukke wat wel plaasgevind het, het die owerhede aan diens vinnig en doeltreffend opgetree. Daar is ’n padblokkade gehou op die N2 (Ermelopad) deur die Piet Retief SAPD. Die statistieke aangaande die padblokkade sal in ‘n volgende uitgawe van die Excelsior Nuus verskyn wanneer dit aan ons gegee word.


Easter celebrations

Alpha and Omega School celebrated the week before Easter, not only teaching the learners about the reason for the season, but also by bringing all the fun surrounding it to school.

Everybody enjoyed an Easter egg hunt, colouring competition, and an Easter hamper raffle. Colouring competition winners were: Grade 1 – Lethokuhle Nhlabathi Grade 2 – Nthandoyenkosi Nkosi Grade 3 – Pratik Antal Grade 4 – Yodit Mulambo Raffle winner was: Grade R – Asiphe Mathebula

Easter celebrations