onwettige storting

Die onwettige storting van afvalmateriaal in Piet Retief is steeds ’n groot probleem. Regoor die dorp kan mens sien hoe inwoners en besighede leë erwe gebruik om van hulle afvalprodukte ontslae te raak.

Dit plaas ons pragtige dorp werklik in ’n slegte lig. Inwoners wat langs die leë erwe bly is raadop oor hierdie toestand van dinge. Dit is nie net dat dit sleg lyk nie, maar hierdie negatiewe tendens is ook ’n gesondheidsrisiko.

onwettige storting
Die onwettige storting van gevaarlike materiaal

Hierdie hope vullis bied ook aan kwaaddoeners die geleentheid om weg te kruip en ook om die groot hope te gebruik om oor inwoners se mure te klim. Ons dorp het ’n spesifieke area waar jy van jou afvalmateriaal ontslae kan raak, so hou op om dit te stort net waar dit vir jou gerieflik is!

Ons vra ook vir die eienaars van die leë erwe om hulle eiendom in stand te hou en die nodige voorsorg te tref om dit moeiliker te maak vir ander om dit as stortingsterrein te gebruik. As jy sien hoe iemand in een van hierdie erwe van hulle gemors ontslae raak, neem ’n foto en meld dit dadelik by die munisipaliteit of by die polisie aan.

Storm water drains look terrible

The storm water drains in Mkhondo look terrible and need immediate attention to avoid serious injuries.

Although the Mkhondo Local Municipality is trying to keep up with maintenance around Mkhondo to the best of their abilities, the repair of storm water drains seems to be at the bottom of their list of priorities. This is becoming a safety hazard and if something is not done soon, members of the community, especially children walking in the streets, are at high risk of injury.

Some drains are left completely open, whilst others have grass and plants growing out of them, preventing them from doing what they were designed to do. This is a problem that can be seen all over town. We urge the Mkhondo Local Municipality to take a look at this and see what can be done in the cleaning and repairing of these drains.